Local news

Skade groot vir die toerismebedryf

Soveel water is nog nie hier gesien nie.

By The Dell wat langs die Vaal Eden-pad net buite Parys op die Vaalrivieroewer is, moes daar Saterdagmiddag 18 Februarie  inderhaas ontruim word nadat water deur vyf van die tien chalets by die rivier begin stroom het. Gelukkig is daar chalets weg van die rivier wat steeds gebruik kan word, maar baie ander oewereienaars wat ook moes ontruim, is minder gelukkig.

Benewens die groot skade wat gelei word met rivierwater wat deur chalets en huise begin stroom het, is die verlies aan inkomste groot met die toerismebedryf wat steeds na Covid, aanhoudende beurtkrag en ‘n sukkelende ekonomie sukkel om op sy voete te kom.
Baie sal eers die ware omvang van die skade kan bepaal wanneer die water sak en voorraadopname van skade gedoen kan word. Heelwat paaie is nog verspoel en lê die stiller wintermaande boonop voor vir die bedryf wat ironies genoeg ‘n groot inspuiting kry uit die rivier en aktiwiteite wat op die rivier aangebied word.
Volgens mnr. Bennie Pretorius, eienaar van The Dell, Die Padstal en die Rooigranaat Restaurant het die rivier se watervlak tussen Sondag en Maandag al heelwat gesak.
Met die vloed in 2011 het net drie van die chalets by The Dell water gekry.
Hy sê benewens verliese wat die bedryf het met kansellasies en besprekings wat nie gemaak kan word nie, is die probleem ook om besprekings te skuif met oorde wat gewoonlik lank voor die tyd vol bespreek is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button