Local news

Publieke insette nou nodig vir Ngwathe jaarverslag

Parys s'n begin vanmiddag, Donderdag 23 Februarie om 14:00, by die Master Nakedi-sportkompleks in Tumahole.

Openbare raadpleging oor Ngwathe se jongste jaarverslag het gister, Woensdag 22 Fe- bruarie, in Vredefort afgeskop. Volgens DA-koukusleier, Carina Serfontein, is publieke raadplegings ‘n regsvereiste. Sy sê die jongste verslag is veral belangrik vir inwoners omdat Ngwathe se finansiële posisie toenemend verswak.
Ngwathe se agterstallige skuld aan Eskom neem jaar na jaar toe, en was teen jaareinde ‘n ontstellende R1.5 miljard. Sy wys ook daarop dat die munisipaliteit verlede jaar ‘n nettoverlies van R212m gely het. Die DA het daarom opnuut gevra dat die finansiële herstelplan wat ‘n tyd gelede deur DA-raadslede voorgestel en eenparig aanvaar is, dringend in werking kom.
Twee openbare raadplegings oor die jaarverslag vind plaas in elke dorp: een vir die publiek, die ander vir belangegroepe soos kerke, sakeorganisasies, kultuurliggame, en sportklubs. Parys s’n begin vanmiddag, Donderdag 23 Februarie om 14:00, by die Master Nakedi-sportkompleks in Tumahole.

Related Articles

Back to top button