
Die waterlvak van die Vaalrivier het alreeds merkbaar gesak as gekyk word na die merkers wat by die Mimosa Tuine en by die Schoemansdrift-laagwaterbrug in die Vredefort Koepel geplaas is.
By die Mimosa Tuine kan gesien word dat die watervlak met 10cm gesak het sedert gister.
Die watervlak by die Schoemansdrift-laagwaterbrug het vanoggend, 22 Februarie om 06:00 4,795m gemeet met ‘n vloei van 3 210 kubieke meter per sekonde wat hier by die brug gemeet is. Op Sondag 19 Februarie het die watervlak van die Vaal by die Schoemansdrift-laagwaterbrug 5,532m gemeet.
Water loop steeds oor ‘n deel van Grewarlaan, in Fickstraat en in Espenade in Parys.
Mense is gevra om asseblief uit die water en weg van die rivieroewer te bly. Moet ook nie probeer om deur die vloedwater te ry nie. Die stroom is baie sterk en kan jy jou sleg misgis. Sedert Sondag moes reeds 2 motors uit die vloedwater in onderskeidelik Grewarlaan en die Esplenade gehaal word.




