‘Gered’ uit Vaal se vloedwater na noodoproep-konsternasie
Sy 'vrou' staan nog skouerdiepte in die water

Die houtbeeld wat vir groot konsternasie in Parys gesorg het toe dit Sondag 19 Februarie vir ‘n liggaam aangesien is wat in die Vaalrivier dryf, sal sodra die vloedwater sak weer huiswaarts keer.
Die Zoeloe-beeld is deur die vloedwater in ‘n tuin in Fickstraat op die rivieroewer meegesleur en toe in Grewarlaan opgemerk. Net ‘n gedeelte van die arm en hand was sigbaar en het mense dadelik die polisie in kennis gestel. Groot was die verligting toe gesien is dat die ‘liggaam’ toe inderdaad ‘n beeld was.



Die beeld is dieselfde dag wat dit opgemerk is in die rivier, deur die eienaar se skoonseun, by Delverstraat gehaal. Sodra die vloedwater sak en daar weer toegang tot die huis in Fickstraat gekry kan word, sal die beeld weer sy plek in die tuin kan inneem en herenig word met sy ‘vrou’ wat nog skouer diepte in die water staan en klou vir al wat sy werd is. Gelukkig is die vrouebeeld vasgemaak.

Hier het die beeld gestaan toe die Vaal se vloedwater gevat het wat voorkom.




