Local news

‘Gered’ uit Vaal se vloedwater na noodoproep-konsternasie

Sy 'vrou' staan nog skouerdiepte in die water

Die houtbeeld wat vir groot konsternasie in Parys gesorg het toe dit Sondag 19 Februarie vir ‘n liggaam aangesien is wat in die Vaalrivier dryf, sal sodra die vloedwater sak weer huiswaarts keer.

Die Zoeloe-beeld is deur die vloedwater in ‘n tuin in Fickstraat op die rivieroewer meegesleur en toe in Grewarlaan opgemerk. Net ‘n gedeelte van die arm en hand was sigbaar en het mense dadelik die polisie in kennis gestel. Groot was die verligting toe gesien is dat die ‘liggaam’ toe inderdaad ‘n beeld was.

Die beeld is dieselfde dag wat dit opgemerk is in die rivier, deur die eienaar se skoonseun, by Delverstraat gehaal. Sodra die vloedwater sak en daar weer toegang tot die huis in Fickstraat gekry kan word, sal die beeld weer sy plek in die tuin kan inneem en herenig word met sy ‘vrou’ wat nog skouer diepte in die water staan en klou vir al wat sy werd is. Gelukkig is die vrouebeeld vasgemaak.

Hier het die beeld gestaan toe die Vaal se vloedwater gevat het wat voorkom. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button