Local news

Sakeman en oud-Parysenaar oorlede

Ons innige medelye met sy familie en hulle wat na aan hom was.

Gerhard Ferreira, wat vir jare in Parys gevestig was waar hy sy onderneming, Agapé Houtwerke bedryf het, is Vrydag 17 Februarie in die ouderdom van 61 jaar oorlede. Hy was die laaste 18 maande op Kleinzee in die Noord-Kaap gevestig.
Gerhard het in Parys skoolgegaan en ook hier gematrikuleer waarna hy in die destydse Volkskas Bank in Parys gewerk het. Later het hy sy eie onderneming begin en vele prag Oregan kothuismeubels is oor die jare deur hom gemaak.
Gerhad was ook vir lank betrokke by die plaaslike tennisklub.
Hy was lief vir mense en wou altyd graag na hul stories luister. Musiek en sy honde het hom baie na aan die hart gelê.

Gerhard Ferreira

Sy kinders, Andra, Josef-Klue, Christine, skoonseun Jandré Nel en sy vier kleinkinders sal hom onthou vir die rustige mens wat hy was. Iemand by wie jy altyd veilig kon voel, het sy dogter, Andra, gesê.
Gerhard laat naas sy kinders en kleinkinders, ook sy susters, Lorrainne Goosen, Christa Pienaar en Carina Schwim agter.
‘n Private gedenkdiens sal op 24 Februarie vir hom gehou word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button