Local news

Vaal se klipvis raak toe die water

Vir lank is daar asem opgehou om te sien of die vis gaan swem.

Met die swaar reën wat Parys die afgelope paar weke gehad het en die Vaalrivier in vloed, het dié besondere geelvis klipkunswerk in Parys toe inderdaad met sy onderste vin die water geraak.

Die foto is Sondagoggend 19 Februarie net na 07:00 geneem.  Foto: Liezl Scheepers

Waar die graffiti-kunswerke teen die brug geverf is, kon jy voor die vloed op die Vaalrivier se oewer loop. Foto’s: Liezl Scheepers

Foto: Selma Kok

Die graniet- en draad kunswerk pryk al vier jaar onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni River Lodge. Die kunswerk is deur Deon TerBlanche  in Oktober 2018 gemaak om bewusmaking van die bewaring van ons land se waterbronne en visspesies te skep, nadat rioolbesoedeling van die Vaalrivier tot groot getalle visvrektes gelei het.

Die kunswerk is 7m x 1,5m en weeg meer as 350kg. Dit is gemaak van Parys-graniet, eie aan die omgewing en draad, en het Deon die enorme taak aangepak om die kunswerk met sy sowat 90 granietklippe onder die brug te hang. Toe dit destyds gehang is, was dit nagenoeg 2-2,2m bo die watervlak, het Deon destyds aan Gazette gesê.

Die foto van die Vaal se geelvis klipkunswerk is geneem toe die Vaalrivier nie in vloed was nie. 

Sedertdien is daar telkens asem opgehou as die Vaal se water begin bokspring het, maar het Parys se besondere geelvis klipkunswerk, nog elke keer kop bo water gehou en droog daarvan afgekom. Maar dié keer is anders.

Die naaste wat die Vaalrivier se vloedwater nog was aan wat nou gesien word, was in 1975 toe die water heelwat hoër was as wat dit Sondag 19 Februarie nog in Parys gesien is.

Die talentvolle Karin TerBlanche by haar brugkunswerk. Die kunswerke teen die brugpilare is in Desember 2021 gedoen en is hierdie foto toe geneem.  

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button