Local news

Kyk wat dryf daar!

Vaal se water vat van asblikke tot beelde

‘n Hand en ‘n stuk van ‘n arm wat vroeër vandag, Sondag 19 Februarie by Grewarlaan in Parys in die Vaalrivier opgemerk is, was toe al die tyd dié van ‘n beeld wat van ‘n huis in Fickstraat deur die Vaalrivier se vloedwater meegesleur is en toe uiteindelik hier by Grewarlaan uit die water gehaal is.

Die Vaal se vloedwater het die beeld in Fickstraat meegesleur wat toe uiteindelik in Grewarlaan gekry is.

Nadat die oproep ontvang is dat ‘n liggaam moontlik in die water opgemerk is, is blitsig op die oproep gereageer, en was die verligting groot toe gesien is dat dit in der waarheid ‘n beeld was.

Die foto van die drywende asblik  is geneem op die brug oor die Vaalrivier by Egweni River Lodge.

Wanneer jy wel ‘n ligaam of iemand in nood in die rivier sou opmerk, moet jy:

  1. Dit onmiddellik aan die SAPD rapporteer
  2.  Gee ‘n duidelik aanduiding van wanneer, hoe laat en waar jy dit gesien het met ‘n ‘pin location’ waar moontlik.
  3. ‘n Beskrywing van die klere van die persoon wat jy gesien het
  4. ‘n Foto of video van wat jy gesien het kan ook die polisie en reddingswerkers help.

Onthou dat daar nou baie opdrifselfs, bome, takke en selfs meubels en asblikke met die vloedwater meegesleur word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button