
Interessant genoeg was die watervlak by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel nog net 3 keer bo 5m gemeet in die geskiedenis van die brug.
Om perspektief te gee is die vloei vandag, 18 Februarie, gemeet as 2 418 kubieke meter per sekonde by die brug en is die watervlak gemeet as 3,96m om 13:00 vanmiddag.

Op 9 Februarie 1944 om 17:00 is die watervlak as 5,303m by die brug gemeet met watervloei teen 3 725 kubieke meter per sekonde
Op 22 Februarie 1975 om 12:35 meet die watervlak by die brug 5,818 meter met watervloei teen 4 212 kubieke meter per sekonde.
Op 8 Januarie 2011 om 09:12 meet die watervlak 5,138m met watervloei teen 3 533 kubieke meter per sekonde.
Ons dank aan Sue Janse van Rensburg vir die statistiek oor die Schoemansdrift laagwaterbrug.



