Local news

Oewereienaars gewaarsku: Nog sluise word oopgemaak

Bly asseblief weg van die rivieroewer en uit die rivier uit

Wees asseblief gewaarsku – die Vaalrivier se watervlak sal verder styg met nog twee sluise wat vandag by Vaaldam oopgemaak word.

Daar is reeds 10 sluise oop by Vaaldam. Om 09:00 word die 11de en 12de sluis by Vaaldam oopgemaak.

Die fotos is Vrydagmiddag 17 Februarie by die laagwaterbrug na Ghofeiland in Parys geneem. Die watervlak sal vandag verder styg met nog 2 sluise wat vanoggend oopgemaak word by Vaaldam.

Oewereienaars stroomaf is gewaarsku om asseblief hiervan kennis te neem.

By Bloemhofdam word uitvloei om 09:00 verhoog na 2 000 kubieke meter per sekonde en weer verder verhoog na 2 200 kubieke meter per sekonde om 10:00.

Vaaldam is vanoggend 112,12% vol met uitvloei teen 1 691 kubieke meter per sekonde. Altesaam 27,8mm  reën het sedert gister weer in die Vaaldam se opvangsgebied geval.

Bloemhofdam is nou 109,27% vol

Related Articles

Back to top button