Local news

Oewereienaars gewaarsku: Nog sluise word oopgemaak

Bly asseblief weg van die rivieroewer en uit die rivier uit

Wees asseblief gewaarsku – die Vaalrivier se watervlak sal verder styg met nog twee sluise wat vandag by Vaaldam oopgemaak word.

Daar is reeds 10 sluise oop by Vaaldam. Om 09:00 word die 11de en 12de sluis by Vaaldam oopgemaak.

Die fotos is Vrydagmiddag 17 Februarie by die laagwaterbrug na Ghofeiland in Parys geneem. Die watervlak sal vandag verder styg met nog 2 sluise wat vanoggend oopgemaak word by Vaaldam.

Oewereienaars stroomaf is gewaarsku om asseblief hiervan kennis te neem.

By Bloemhofdam word uitvloei om 09:00 verhoog na 2 000 kubieke meter per sekonde en weer verder verhoog na 2 200 kubieke meter per sekonde om 10:00.

Vaaldam is vanoggend 112,12% vol met uitvloei teen 1 691 kubieke meter per sekonde. Altesaam 27,8mm  reën het sedert gister weer in die Vaaldam se opvangsgebied geval.

Bloemhofdam is nou 109,27% vol

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button