NewsNews

Voortrekkers trap diep spore

Die Voortrekkers is vanjaar 85 jaar oud. Die tema van die feesjaar is, "Ons trap nuwe spore." En nuwe spore is daar inderdaad die afgelope twee weke in Parys getrap deur Voortrekkers van die Parys Voortrekkerkommando.

Die Voortrekkers is vanjaar 85 jaar oud. Die tema van die feesjaar is, “Ons trap nuwe spore.” En nuwe spore is daar inderdaad die afgelope twee weke in Parys getrap deur Voortrekkers van die Parys Voortrekkerkommando.

Met die GGN-naweek wat twee weke gelede in Parys gehou is met verskeie Voortrekkers van omliggende kommando”s wat hier gekamp het, is modderspore getrap in die nat en koue weer. Verlede week is iets heel nuuts deur die Voortrekkers aangepak toe daar deelgeneem is aan die weeklikse parkrun.

Lede van die publiek kan gerus op Parys Gazette se webblad gaan kyk na die video van die spesiale lied met die tema, “Ons trap nuwe spore” wat spesiaal vir die Voortrekkers geskryf is deur Jak de Priester, ook ‘n oud-Parysenaar.

Die 85ste bestaansjaar van die Voortrekkers sal op verskeie plekke met feeste gevier word. Op 3 September sal lede van die Parys Voortrekkerkommando kan deel in die feesvieringe by Vegkop naby Heilbron.

Die hoogtepunt en afsluiting van die feesjaar is op 24 en 25 September by die Voortrekkermonument in Pretoria.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button