Local news

Ngwathe jaarverslag: Kom sê jou sê

Inwoners kry vandeesmaand insae in die volle detail van munisipale administrasie

Ngwathe se jongste munisipale jaarverslag word aan die publiek voorgelê vir vrae, kritiek, en aanbevelings.
Dis ‘n regsvereiste, en volg nadat die burgemeester op 31 Januarie die verslag in die Raad ter tafel gelê het. Die verslag is tans beskikbaar by openbare biblioteke, munisipale kantore, en op Ngwathe se webtuiste.Volgens wet moet die jaarverslag alle munisipale aktiwiteite opsom, aandui in welke mate begrotingsplanne bereik is, en die gemeenskap in staat stel om besluite te betrag en te bevraagteken. Dit sluit dus die munisipale jaarstate in, asook die verslag daaroor deur die Ouditeur-generaal, en detail oor agterstallige skuld deur, en aan die munisipaliteit.
Dit meet werklike invordering van inkomste vanaf elke inkomstebron en in elke departementele begrotingspos teen die doelwitte soos in die begroting gestel is.” Dis ‘n nuttige dokument, veral in munisipaliteite onder swak bestuur, en in ‘n geldkrisis soos Ngwathe, ” sê Ngwathe se sewe DA-
raadslede in ‘n verklaring. Hulle herinner daaraan dat Ngwathe se nettoverlies verlede jaar opgeskiet het tot ‘n onstellende R212 miljoen, en sê hulle vertrou die publiek sal kom met vrae.
‘n Volledige rooster van tye en plekke vir die openbare raadplegings sou eergister gefinaliseer word. Gazette sal dit publiseer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button