Local news

Bekyk die voëls van Kammieskroon en Brandvlei van naderby

Stephan Heydenreich is 'n voëlkyker wat al wyd gereis het om te gaan voëls kyk. Tydens 'n vorige besoek aan Feathers Voëlklub in Parys in die winter van 2018, het hy baie interessant gesels oor die voëls en diere wat hy in Costa Rica raakgeloop het.

Stephan is weer by Feathers tydens hul byeenkoms Donderdagaand, 23 Februarie om 18:30 by die Sally Martin Park-saal.
Stephan sal by die geleentheid oor sy ervarings tydens besoeke aan Brandvlei en Kammieskroon in die Noord-Kaap en die voëls wat hy daar gesien het, gesels.
Hy sal ook aandag gee aan die identifikasie van ons lewerikke. Daar is baie van die grys voëltjies, en wat ons gaan hoor kan dalk help om hul identifikasie in die toekoms te vergemaklik. Almal wat belangstel in ons voëls, is welkom om die geleentheid by te woon.
Tydens die besoek aan Kopjeskraal Country Lodge in Januarie, is daar 41 spesies, waarvan 10 vir die eerste keer op die plaas gekry is, aangeteken.
Daar word ook ‘n uitstappie vir Saterdag, 25 Februarie gereël, maar aangesien dit tans baie nat is, sal die plek eers later gefinaliseer word. Belangstellendes sal soos gewoonlik om 06:00 vanaf die Pick n Pay-parkeerterrein vertrek.
Al wat jy nodig het, is jou piekniekmandjie, verkyker en ‘n stoel. Finale reëlings sal tydens die klubbyeenkoms gegee word
Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, en Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button