Local news

MRK toe met dié stank by dam

Inwoners in die omgewing van die Rooidam maak al vir jare hier by die dam skoon op eie onkoste, maar so kan dit nie aangaan nie, sê hulle.

Inwoners in die gebied van die Rooidam in Derdelaan is radeloos met die knaende riool-verstoppings wat besoedeling van die dam waaruit die dorp vroeër jare sy leiwater onttrek het, veroorsaak.
Nadat ‘n sanitasiespan verlede jaar chemikalieë in die dam gegooi het om die besoedeling in die dam wat ‘n aaklikge stank veroorsaak het, aan te spreek, is die stank eens so erg, veral as die wind waai.
Herhaalde klagtes by die Ngwathe munisipaliteit oor ‘n rioollek aan die Wesstraat-kant van die dam is al sedert Desember 2022 deur inwoners, maar ook deur die Gazette, aan die munisipaliteit gerapporteer. Teen Januarie was die stank byna ondraaglik. Nou het inwoners hul weer na die Menseregtekommissie gewend vir hulp omdat hulle sê hul eiendomme se waarde, die omgewing en hul eie gesondheid lei onder die blatante besoedeling met klagtes wat nie vinnig genoeg aandag kry en opgelos word nie. Hulle sê die knaende besoedeling kan gestop word as die munisipaliteit die rioollyn gereeld nagaan vir verstoppings.
Sedert 2018 toe dooie karpe uit die Rooi-dam gehaal moes word nadat die visse waarskynlik gevrek het toe die rioollyn verstop het, is daar nou jaarliks voorvalle van rioolverstopping wat inloop in die dam, sê Anida Kotze, een van die inwoners aan die Uniestraat-kant van die dam. Van die inwoners met wie Gazette gepraat het, sê dat die ‘aaklige klankie’ by die dam al middel Desember geruik is. “Verlede week en vandeesweek weer was dit eens so erg, en kan jy weet as almal in die omgewing van die dam dit ruik, is die dam weer besoedel.”
Dit is hier waar die rioolprobleem nou lê sê iinwoners

Wanneer dit boonop reën en die dam oorloop, veroorsaak dit verdere besoedeling.
Anida en haar gesin woon sedert 2016 regoor die dam. Dit was juis die dorp se leiwater wat haar laat besluit het om hier huis te koop met kleintyd se heirinneringe van haar oupa, Manie Steyn, wat verantwoordelik was vir die instandhouding van Swellendam se netjiese leivore.
Die afgelope vier jaar het Parys se leiwaterstelsel tot niet gegaan – een van die dinge wat uniek was aan die dorp.
Sedert einde 2021 loop mangate gereeld oor, en wanneer stortings gerapporteer word, vat dit maande om reg te maak met gewel- dige skade aan die omgewing, sê van die ander inwoners met wie Gazette gepraat het.
In November 2021 het rioolwater in die leivoor afgeloop tot amper by ons voordeur en moes daar self plan gemaak word om die gat in die toevoerleivoor toe te maak. Die lekkasie wat vir die storting verantwoordelik was is eers in 2022 reggemaak, sê Anida.
Sy bedryf ‘n opvoedkundige verrykingsprogram vir kinders by haar huis, en sê dat die ondraaglikse stank by die dam dit byna onuithoudbaar maak.
Inwoners in die omgewing van die Rooidam maak al vir jare hier by die dam skoon op eie onkoste, maar so kan dit nie aangaan nie, sê hulle.
In 2022 is ‘n klag na die Menseregtekommissie gestuur, waarop geen reaksie gekry is nie. Verlede week het verskeie inwoners weer klagtes na die kommissie gestuur om dringende ingryping te eis.
Gazette het verskeie navrae aan die munisipale bestuur gerig oor die Rooi- dam-besoedeling, maar geen terugvoer is teen druktyd ontvang nie. Sou kommentaar gekry word sal dit bygewerk word.

 

Related Articles

Back to top button