
Teen vanoggend, Donderdag 16 Februarie om 05:30, het die Vaalrivier se watervlak 2,55m by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel gemeet. Die brug is weens die hoë watervlak tans gesluit vir voetgangers en voertuie, hoewel bakkies nog vroeg vanoggend kon oor ry.

Vaaldam is vanoggend 109,76% vol met nog 9,8mm reën wat in die Vaaldam se opvangsgebied Woensdag geval het. Invloei by die dam is 953,27 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 838,9 kubieke meter per sekonde. Daar is steeds 6 sluise oop by Vaaldam.
Bloemhoefdam is nou 106,31% vol. Uitvloei by Bloemhof sal teen 10:00 verhoog word na 1 400 kubieke meter per sekonde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



