Erkenning vir Hoërskool Parys se 2022 matrikulante en onderwysers
Baie geluk aan die skool, sy personeel en 2022 matriekklas


Die 2022 matrikulante en personeel van Hoërskool Parys het die skool se naam weer hoog gehou tydens die Fezile Dabi “Well Done” funksie.
Mev. Andrea Dednam ontvang die toekenning vir die beste uitslae in Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en mev. Christelle Fouche vir die beste uitslae in toerisme. Die skool het ook weggestap met ‘n toekenning vir die derde meeste matrikulante wat die afgelope drie jaar met universiteitstoelating geslaag het.

Kaylyn Vertenten is beloon met ‘n toekenning en prys vir haar spogprestasie in fisiese wetenskap vir die 2022 matriek eindeksamen. Sy het die tweede beste fisiese wetenskap punt in die Fezile Dabi-streek behaal.





