Schools

Nou is dit Vrystaat Interhoër vir dié swemmers

Baie geluk aan al die swemmers.

Swemmers van Hoërskool Parys het verlede week skitterende uitslae by die Noord-Vrystaat skole-gala in Kroonstad behaal.

Hulle ontvang sertifikate vir die volgende uitslae:

Seuns o.13 & o.14
Cay-Din Oelofse- 1ste 50m vlinderslag, 200m IM, 50m borsslag, 100m borsslag en 200m borsslag, en 2de in die 100m & 200m kruipslag, en 3de kruipslag aflos
Cay-Din is ook by die Noord-Vrystaat gala aangewys as die Victor Ludorum vir seuns 13-14 jaar.
Seuns o.15 & o.16
Dregan Brink (gr. 9) – 1ste plek 200m rugslag en 3de plek kruipslag aflosspan
Xander Pretorius (gr. 9) – 2de plek 100m
rugslag en 3de 50m rugslag en 200m IM asook 3de vir kruipslag aflosspan
Henk Small (gr. 9) – 3de kruipslag
aflosspan en 3de vir 200m kruipslag.
Meisies o.15 & o.16
Bay-Linn Oelofse (gr. 9) – 1ste plekke in 100m kruipslag, 200m kruipslag, 100m rugslag en 200m rugslag, 2de plekke in 200m IM en 100m borsslag, en 3de plekke in 50m kruipslag en 50m rugslag
Bay-Linn het by die Noord-Vrystaat gala ‘n algehele 2de plek vir meisies 15-16 jaar behaal!
Seuns o.17 & ouer
Zandré van Riet (gr. 11) – ontvang sertifikate vir ‘n 2de plek in die 100m borsslag en 3de plek in die 200m borsslag
Parys se aflosspan vir seuns 15-16 jaar het ‘n trotse derde plek behaal.
Die swemmers kwalifiseer ook om op 23 & 24 Februarie in Bloemfontein aan die Vrystaat Interhoër swemgala deel te neem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button