Man verdrink tydens doopgeleentheid
Daar was teen Sondag reeds vier sluise by die Vaaldam oop, en het die riviervlak aansienlik gestyg ook na wydverspreide en aanhoudende reën.

‘n Drie en dertigjarige man van Tumahole het Sondagoggend in die Vaalrivier by die Sandgat in Rotarylaan verdrink nadat hy saam met ander deel was van ‘n doopgeleentheid.
Die man het oënskynlik voor die doopgeleentheid in die water ingegaan en kon nie daarin slaag om veilig uit die water te kom nie.
A.o Morné Koch, a.o. Norman Kuhn en sers. Tsoolidane van die SAPD se duikeenheid in Bloemfontein het die man se liggaam net voor 11:00 die oggend uit die water gehaal.
Daar was teen Sondag reeds vier sluise by die Vaaldam oop, en het die riviervlak aansienlik gestyg ook na wydverspreide en aanhoudende reën.
‘n Dringende beroep word weer op die publiek gedoen om weg te bly uit riviere in tye van vloede. Moet nooit die krag van water onderskat nie, en moet allermins toelaat dat jou kinders sonder toesig by die rivier of op die rivieroewer beweeg en speel. Onthou dat die vloeitempo van die water bedrieglik is en jy maklik meegesleur kan word.
Wanneer jy ‘n ligaam in die water sou opmerk, of iemand in nood in die rivier, moet jy:
* Dit onmiddellik aan die SAPD rapporteer
* Gee ‘n duidelik aanduiding van wanneer, hoe laat en waar jy dit gesien het met ‘n ‘pin location’ waar moontlik.
* ‘n Beskrywing van die klere van die persoon wat jy gesien het
* ‘n Foto of video van wat jy gesien het kan ook die polisie en reddingswerkers help.




