Local news

Baie water kom

Nog sluise vandag by Vaaldam oopgemaak

Oewereienaars stroom-af is gewaarsku om ‘n beduidede hoeveelheid water te verwag met nog drie sluise wat vandag by die Vaaldam oopgemaak word.

Die sluise sal om 10:00, 12:00 en 14:00 onderskeidelik oopgemaak word.

Die eerste sluis by Vaaldam is gister, Saterdag 11 Februarie, reeds oopgemaak.

Vaaldam staan vanoggend op 105,28% met invloei teen 918,78 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 125,5 kubieke meter per sekonde. Daar is  nog 11mm reën sedert gister in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet, nadat daar vroeër reeds 102mm reën geval het.

Bloemhofdam was Saterdag 103,61% vol.

Related Articles

Back to top button