News

Vals nuus oor Mark Pilgrim se dood

Mark Pilgrim, die gewilde Hot 1027 radio omroeper en oud HS Sasolburg leerder, is nie oorlede soos wat daar op sosiale media aangekondig is nie.

Die radiostasie het laat gisteraand ‘n amptelike kennisgewing uitgereik, dat die nuus oor Mark se dood vals is. Dit het egter intussen reeds soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

Die verwarring het glo ontstaan na ‘n man in Amerika met dieselfde naam en van, gister oorlede is. Sy swaer het die hartseer nuus op Facebook aangekondig en mense het aangeneem daar word van SA se radioman gepraat.

Mark, ‘n oud-Valie wat in 1986 aan die HS Sasolburg matrikuleer het, is in 1988 met Stadium 3 tesikulere kanker gediagnoseer. Dit was ‘n aggresiewe kanker wat ook na sy niere en longe versprei het.

Na nege maandse se chemoterapie, was Mark vir 33 jaar in remissie, totdat hy weer in Februarie 2022 met kanker gediagnoseer is. Die keer was dit Stadium 4 longkanker. Hy het daarna hard om sy lewe begin veg, en veg steeds voort.

  • Mark het ook ‘n hartaanval in 2008 in dokter se spreekkamer oorleef.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button