Local news

Tiger Brands waarsku oor gesteelde geblikte bone

Die voedselmaatskappy Tiger Brands sê daar is ingebreek by 'n stoorfasiliteit waar geblikte produkte wat in 2021 herroep is gestoor word en altesaam 87 palette van gebakte bone (“KOO Baked Beans”) is gesteel.

Tiger Brands sê in ‘n verklaring hy verwag dat die gesteelde blikkies teen ‘n afslag herverkoop sal word en het ‘n beroep op verbruikers gedoen om die vervaldatums op 410g blikkies “KOO Baked Beans” en KOO Baked Beans Lite” na te gaan en van hierdie blikkies ontslae te raak indien dit van die gesteelde goedere is.

Die blikkies wat gesteel is is tussen 1 Mei 2019 tot 5 Mei 2021 vervaardig. Die vervaardigingsdatums verskyn op die onderkant van die blikkies.

Die vervaardigingsdatum word aangedui deur die letters “MAN”.

Volgens Tiger Brands is ‘n diefstalklag by die polisie gelê en die saak word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button