Local news

Plaasaanval: Ondersoek duur voort na moord op oud-onderwyser

Die gemeenskap van Potchefstroom is in skok oor die moord op die geliefde voormalige onderwyser by Laerskool Hendrik Potgieter, mnr. Charl Bekker (74).

 

Oud-leerders en personeel het op sosiale media medelye met sy afsterwe gedeel en genoem dat hy ‘n groot impak gemaak het.

Bekker is Donderdag (2 Februarie) op sy plaas naby M.C. Roode-rylaan tydens ‘n plaasaanval vermoedelik verwurg. Sy vrou, Elzabe (70) is ook vasgebind, maar is nie ernstig beseer tydens die voorval nie.

NW polisiewoordvoerder, kapt. Sam Tselanyane, het in ‘n verklaring bevestig dat vier mans, vermoedelik Bekker se werkers, hom vermoor het.

“Die mans het na hulle die slagoffer buite verwurg het na die huis gegaan. Hulle het die bediende gedreig en sy vrou buite die huis vasgebind. Die verdagtes het die huis geplunder en die kluis se sleutels vereis,” noem Tselanyane.

Hy het ook bevestig dat die verdagtes met die egpaar se Mercedes Benz-sportnutsvoertuig gevlug het. Dit is nog onseker waarmee die verdagtes alles weggekom het.

Tselanyane het bevestig dat die ondersoek voortduur en dat daar nog op die uitkyk is vir die verdagtes en die gesteelde voertuig.

*Teen druktyd kon Potchefstroom Herald nog nie met Bekker se familie in verbinding tree nie.

Related Articles

Back to top button