Local news

Plaasaanval: Ondersoek duur voort na moord op oud-onderwyser

Die gemeenskap van Potchefstroom is in skok oor die moord op die geliefde voormalige onderwyser by Laerskool Hendrik Potgieter, mnr. Charl Bekker (74).

 

Oud-leerders en personeel het op sosiale media medelye met sy afsterwe gedeel en genoem dat hy ‘n groot impak gemaak het.

Bekker is Donderdag (2 Februarie) op sy plaas naby M.C. Roode-rylaan tydens ‘n plaasaanval vermoedelik verwurg. Sy vrou, Elzabe (70) is ook vasgebind, maar is nie ernstig beseer tydens die voorval nie.

NW polisiewoordvoerder, kapt. Sam Tselanyane, het in ‘n verklaring bevestig dat vier mans, vermoedelik Bekker se werkers, hom vermoor het.

“Die mans het na hulle die slagoffer buite verwurg het na die huis gegaan. Hulle het die bediende gedreig en sy vrou buite die huis vasgebind. Die verdagtes het die huis geplunder en die kluis se sleutels vereis,” noem Tselanyane.

Hy het ook bevestig dat die verdagtes met die egpaar se Mercedes Benz-sportnutsvoertuig gevlug het. Dit is nog onseker waarmee die verdagtes alles weggekom het.

Tselanyane het bevestig dat die ondersoek voortduur en dat daar nog op die uitkyk is vir die verdagtes en die gesteelde voertuig.

*Teen druktyd kon Potchefstroom Herald nog nie met Bekker se familie in verbinding tree nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button