NewsNews

Nog 3 vas ná dood van twee

Nog drie verdagtes, onderskeidelik 18, 19 en 22 jaar is gistermiddag laat (Dinsdag 24 Mei) deur die Valke-ondersoekspan in hegtenis geneem op 2 klagte van moord ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa in Januarie vanjaar. Dit beteken dat daar nou reeds 10 aangeklaagdes is in die sogenaamde vigilante moordsaak, waarvan die meeste boere is en sommige ook familieverbintenisse het. Brig. Hangwani Malaudzi het aan Gazette bevestig dat die 3 wat Dinsdag inhegtenis geneem is môre (26 Mei) voor die hof sal verskyn vir hul formele borgaansoeke. Hy sê nog arrestasies bly altyd ’n moontlikheid en dat die ondersoek gelei deur die Valke-bevelvoerder in die Vrystaat, kol. Deon Topkim, volgens hom steeds nie afgehandel is nie. Die ander beskuldigdes in die saak, Boeta van der Westhuizen (46), Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo (46), Fanie Oosthuizen (42), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19) en Wikus van der Westhuizen sal saam met die 3 Vrydag hier voor die hof verskyn. Intussen word opspraakwekkende beweringe in die media gemaak dat die “plaasaanval” op Boeta van der Westhuizen se vader, Loedie (73), wat aanleiding gegee het tot meer as 40 boere wat dadelik gereageer het op sy noodroep, oënskynlik nie ’n plaasaanval was nie. Malaudzi wou hom egter nie oor die beweringe uitlaat nie en het gesê mense moet nie die ondersoek vooruitloop met gerugte nie.

Nog drie verdagtes, onderskeidelik 18, 19 en 22 jaar is gistermiddag laat (Dinsdag 24 Mei) deur die Valke-ondersoekspan in hegtenis geneem op 2 klagte van moord ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa in Januarie vanjaar. Dit beteken dat daar nou reeds 10 aangeklaagdes is in die sogenaamde vigilante moordsaak, waarvan die meeste boere is en sommige ook familieverbintenisse het.
Brig. Hangwani Malaudzi het aan Gazette bevestig dat die 3 wat Dinsdag inhegtenis geneem is môre (26 Mei) voor die hof sal verskyn vir hul formele borgaansoeke. Hy sê nog arrestasies bly altyd ’n  moontlikheid en dat die ondersoek gelei deur die Valke-bevelvoerder in die Vrystaat, kol. Deon Topkim, volgens hom steeds nie afgehandel is nie.
Die ander beskuldigdes in die saak, Boeta van der Westhuizen (46), Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo (46), Fanie Oosthuizen (42), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19) en Wikus van der Westhuizen sal saam met die 3 Vrydag hier voor die hof verskyn.
Intussen word opspraakwekkende beweringe in die media gemaak dat die “plaasaanval” op Boeta van der Westhuizen se vader, Loedie (73), wat aanleiding gegee het tot meer as 40 boere wat dadelik gereageer het op sy noodroep, oënskynlik nie ’n plaasaanval was nie. Malaudzi wou hom egter  nie oor die beweringe uitlaat nie en het gesê mense moet nie die ondersoek vooruitloop met gerugte nie.
Die oorledenes is aangekeer deur van die boere wat op die noodroep gereageer het en is hulle klaarblyklik só ernstig beseer dat hulle kort daarna aan hul beserings in twee afsonderlike hospitale beswyk het.
Verskeie boere het intussen na vore gekom met verklarings oor wat die dag van die 6de gebeur het. Kapt. Francois Laux en tien speurders ondersoek sedert Januarie die saak, en is ook ’n  klag van intimidasie teen Boeta van der Westhuizen gemaak ná ’n oproep waartydens Laux gedreig is.
Teen vanoggend het nog geen groepe aansoek gedoen vir protesoptrede tydens Vrydag se hofverrigtinge.

Related Articles

Back to top button