
Noordwes Rolbal se ligas is verlede naweek afgehandel. Medaljes is redelike goed versprei onder die groter klubs met Parys se vroue wat die Premierliga Goud en die Eersteliga Silwer ingepalm het.
Potchefstroom se Buiteklub het Goud gewen in die Premierliga maar kon verder hond haaraf maak nie.
Klerksdorp-rolbalklub het Silwer gewen in die mans Premierliga maar het die goud ingepalm in die Eersteliga.
Potchefstroom Rolbalklub het Sikwer gewen in beide die Vroue Premierliga en die Mans Eersteliga. Die Vroue Eersteliga is deur La Farge van Lichtenburg gewen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



