Local news
Verdagtes weg met wapens na huisroof
Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die verdagtes die huishulp oorompel en gedreig voordat hulle ‘n kluis uit die muur gebreek het, waar die juweliersware en wapens gebêre was.
Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die verdagtes die bediende by ‘n huis in Potchefstroom oorompel en gedreig voordat hulle ‘n kluis uit die muur gebreek het, waar die juweliersware en wapens gebêre was.
‘n Gewapende huisroof het gisteroggend, Maandag, 30 Januarie, in Beyers Naudélaan plaasgevind.
Drie verdagtes is met juweliersware en wapens weg.
Die voorval het tussen 09:00 en 09:30 plaasgevind toe drie mans toegang deur die agterdeur van die huis verkry het.
Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die verdagtes die huishulp oorompel en gedreig voordat hulle ‘n kluis uit die muur gebreek het, waar die juweliersware en wapens gebêre was.
“Die huishulp is nie beseer nie, maar het baie trauma ervaar. In die kluis was ‘n jaggeweer, handwapen sowel as juweliersware,” het Myburgh bevestig.
Die eienaars van die huis was nie tydens die voorval tuis nie.
Myburgh noem dat ‘n saak van huisroof oopgemaak is en dat die polisie tans op soek is na die verdagtes.
You can read the full story on our App. Download it here.