Sport

Fezile Dabi Veerpyltjie Assosiasie gee erkenning aan twee Parys-spelers

Parys Veerpyltjieklub se spelers vaar jaarliks baie goed in alle veerpyltjiebyeenkomste in die Fezile Dabi-streek, maar ook op provinsiale vlak.

Twee van Parys se veerpyltjiespelers is die afgelope naweek in Kroonstad by die Fezile Dabi Veerpyltjie Assosiasie se prestasie toekenningsgeleentheid vereer. Ockert Grobler is aangewys as beste mansspeler, en Cornea Viljoen as beste damesspeler van die jaar.

Ockert Grobler en Cornea Viljoen wat as beste mansspeler en damesspeler van die jaar onderskeidelik aangewys is. 

Kroonstad Ligers is aangewys as beste klubspan vir 2022
Parys Veerpyltjieklub se spelers vaar jaarliks baie goed in alle veerpyltjiebyeenkomste in die Fezile Dabi-streek, maar ook op provinsiale vlak.
Ses van die klub se lede is ook ingesluit in die Fezile Dabi-span wat aan die SA Kampioenskappe by Ellispark deelgeneem het gedurende Junie 2022.
Die klub nooi alle belangstellende spelers, oud en jonk, om saam te kom speel – of dit vir sosiale spel of met die oog op kompetisie deelname is.
Die klubhuis is by Off Road Sportsbar, 1 km uit op die Fochville-pad waar die wit vliegtuig staan .
Die speelarea is apart van die kroeg met ‘n heelike grasperk en familie kuierarea.
Oefenaande is Vrydae vanaf 18 : 00.
Vir navrae skakel die klubbestuurder, Ockert Grobler by 0723447867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button