Sport

Plaaslike ringtennisspelers speel teen Gauteng-sentraal

Ringtennis is 'n sport wat ewe veel pret as uitdaging bied en solank jy nog vlug van voet en oog is, is jy beslis nie té jonk, of té oud vir ringtennis nie.

Ringtennisspelers van Parys het die afgelope naweek die Sedibeng-provinsie in ‘n provinsiale kragmeting teen Gauteng-Sentraal in Vanderbijlpark verteenwoordig.
Die wedstryd-uitslag was ‘n algehele oorwinning vir die Sedibeng-spanne en het so gelyk:
Sedibeng A vs Gauteng-Sentraal A wen 30 – 18
Sedibeng B vs Gauteng Sentraal B wen 24 – 8

Parys-spelers wat Saterdag Sedibeng teen Gauteng-Sentraal verteenwoordig het. 

Ringtennis oefening in Parys is elke Dinsdag en Donderdag vanaf 17:00 in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos, h/v Loop- en Paulsenstraat.
Die sport word reeds vir ‘n geruime tyd aktief in Parys gespeel.
Benewens die oefening wat die sport jou bied, is dit die ideale geleentheid om mense te ontmoet met weeklikse sosiale spel, en terselfdertyd ‘n lekker wegbreek na ‘n lang dag se werk. Naas ‘n paar tekkies, het jy niks meer nodig nie. Net die gewilligheid om te saam te kom speel.
Jy hoef ook nie ‘n ervare speler te wees nie. Beginners en selfs kinders is baie welkom. Kom speel saam en kyk hoeveel pret daar is in dié sport.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button