

Twee broers, Werloe en Jovan Kleyn, is gisteraand omstreeks 18:00 in ‘n motorongeluk op die Modderdampad in Potchefstroom oorlede nadat hulle voertuig gerol het.
Hulle was albei van Potchefstroom, en was Werloe (20) en sy jonger boetie Jovan (15) albei lede van die Potchefstroom Polocrosse Club saam met hulle pa, Werner.

Altwee boeties het ‘n groot liefde vir perde gehad en het in verskeie perdesport dissiplines uitgeblink.
Hulle skielike afsterwe laat ‘n groot skok by almal wat hulle geken het, ook vir ruiters van Parys wat vanoggend by die eerste kwalifiserende Sanesa Western Riding kampioenskappe by De Camarillo’s hierdie familie in gebed opgedra het.
Werloe is ook ‘n oud-Volkie wat in 2020 gematrikuleer het.
ER24 en Mooirivier Beskerming First Responder was op die toneel. Beide broers was alreeds oorlede toe nooddienste op die toneel kom





