Local news
Nog ‘n verdrinking by hangbrug
Daar is teen Maandagmddag steeds gesoek na die liggaam van ‘n man wat Sondagmiddag in die Vaalrivier by die hangbrug in Parys verdrink het nadat hy in die water ingegaan, en toe deur die stroom meegesleur is. Die verdrinking is Sondagaand om 19:00 by die Parys SAPD aangemeld. A.o. Jan le Roux van Parys SAPD …

Daar is teen Maandagmddag steeds gesoek na die liggaam van ‘n man wat Sondagmiddag in die Vaalrivier by die hangbrug in Parys verdrink het nadat hy in die water ingegaan, en toe deur die stroom meegesleur is. Die verdrinking is Sondagaand om 19:00 by die Parys SAPD aangemeld.
A.o. Jan le Roux van Parys SAPD en a.o. Holthausen van die polisie se K9-eenheid in Sasolburg, saam met die soek- en reddingshond, Bennie, ‘n Belgiese herdershond/Husky-kruising het Maandag vergeefs na die liggaam gesoek en was die stroom steeds té sterk vir duikers om in die water te kon ingaan.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



