
Daar is steeds groepe betogers oral in die dorp en het van die betogers ook na die watersuiweringsaanleg beweeg waar daar intussen ook bande gebrand is. Die situasie by die ingang na Schonkenville is steeds baie gespanne en is dit raadsaam om nie nou die Parys/Koppies-pad te ry nie. Daar is ook bande gebrand op die R59 by die ingang van Vredefort na Parys. Die pad was net na 11:00 met die skryf van hierdie berig weer oop vir verkeer by die Vredefort-ingang, maar teen 11:30 het ‘n groep betogers weer in Parys se hoofstraat beweeg in die rigting van die ingang na die dorp vanaf Vredefort-kant.
Die R59 by die ingang van Sasolburg na Parys was teen 11:00 nog toe.
Vermy hierdie roetes vandag waar jy kan omdat die situasie steeds baie gespanne is.



Die R59 by die ingang van Vredefort na Parys.



