3-Jarige Kalinka ken haar skuiwe op die skaakbord
Die uitdaging om die skaakborde is groot vandag

Of jy 3 jaar, of 83 is. Jy’s nooit té jonk of té oud om ‘n paar nuwe skuiwe op die skaakbord baas te raak nie.

Dit is vanoggend weer bewys toe skaakspelers langs Parys se hoofstraat, reg oorkant Lekker Bistro by die BP vulstasie onder die gazebo’s bymekaar gekom het om mekaar op die skaakbord uit te daag. Die jongste van die spelers was die 3-jarige Kalinka.
Vandag het spelers die kans gehad om teen skaakmeester Paul Tsatsi te kon speel. Paul het verlede naweek van die 8 wedstryde wat gespeel is, 7 gewen, en die 8ste wedstryd gelykop gespeel.


Benewens die groot skaakbord, was daar vandag 3 skaakborde op ‘n tafel uitgepak waar die spelers vir Paul kon uitdaag.
Onthou as jy vandag se spel misgeloop het, kan jy Woensdagaande om 18:00 kom saam speel by Lekker Bistro met die weeklikse sosiale skaakaande.



