Local news

Bokslegende Gerrie Coetzee sterf

Die bekende swaargewigbokskampioen, Gerrie Coetzee, is Donderdagmiddag 12 Januarie in die ouderdom van 67 jaar aan longkanker oorlede. Hy was die eerste bokser uit Afrika wat om die wêreldswaargewigtitel meegeding het, en toe boonop gewen het toe hy Richfield Ohio in 1983 in die tiende ronde uitgeslaan het. Die wêreldswaargewigtitel het hy gehou van 1983 …

Die bekende swaargewigbokskampioen, Gerrie Coetzee, is Donderdagmiddag 12 Januarie in die ouderdom van 67 jaar aan longkanker oorlede.

Hy was die eerste bokser uit Afrika wat om die wêreldswaargewigtitel meegeding het, en toe boonop gewen het toe hy Richfield Ohio in 1983 in die tiende ronde uitgeslaan het.

Die wêreldswaargewigtitel het hy gehou van 1983 tot 1984.

Van die 40 professionele boksgevegte waaraan hy deelgeneem het in sy roemryke loopbaan, het hy 33 gewen en een was gelykop. Hy het professioneel geboks tussen 1974 en 1986 en toe weer in 1993 en 1997.

Coetzee laat sy vrou, Rina, drie kinders en sewe kleinkinders agter.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button