NewsNews

Oesdag bied iets vir elkeen in landbou

Sake verloop vlot by vanjaar se 50ste Graan SA NAMPO Oesdag wat ook weer vanjaar deur talle Parysenaars bygewoon is. Talle boere maar ook nie-boere het met groot lof gepraat van die verskeidenheid wat te sien was met meer as 670 uitstallers, plaaslik en internasionale om die nuutste tegnologie en produkte bekend te stel.

Sake verloop vlot by vanjaar se 50ste Graan SA NAMPO Oesdag wat ook weer vanjaar deur talle Parysenaars bygewoon is. Talle boere maar ook nie-boere het met groot lof gepraat van die verskeidenheid wat te sien was met meer as 670 uitstallers, plaaslik en internasionale om die nuutste tegnologie en produkte bekend te stel.
Meganisasie-uitstallers bied ʼn goeie mengsel van nuwe en bestaande tegnologie en ‘n trekker wat deur waterstof aangedryf word, is selfs by een van die uitstallings te sien. Bewaringsboerdery, veral wat direkte planttoerusting betref, word deur uitstallers aangespreek en innoverende maniere om van konvensionele na direkte planters oor te skakel is ook te sien.
ʼn Nuutjie is die bekendstelling van ‘n ploegkompetisie – wat van aanstaande jaar af deel van die Oesdagprogram gaan wees. Die aktiwiteit toets deelnemers se vaardigheid met ʼn ploeg en trekker en is geskoei op die internasionale Wêreld Ploegkampioenskappe. Twee wêreldkampioene demonstreer elke dag teen 11:00 en 15:00 by die Noordhek hul ploegvernuf.
Die toonvenster wat die NAMPO Oesdag vir 90% van genootskappe in Suid-Afrika bied, is onontbeerlik en dit gee besoekers die kans om persoonlik met die betrokke genootskap en teler van die ras te gesels.
Volgens die organiseerders van die klein- en grootvee tentoonstellings neem die belangstelling jaarliks toe, omrede ʼn veefaktor ʼn integrale deel van die hedendaagse boerdery uitmaak.
Die 4×4-demonstrasies lok oudergewoonte groot getalle besoekers en ʼn rekordgetal voertuie neem vanjaar aan die gewilde demonstrasie deel.
Die Oesdag loop vandag ten einde.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button