Hoërskool Parys spog met drie rugbyspelers wat uitmuntende prestasies gelewer het.
Marius Steenkamp is vir die Valke 0.16 Platteland-span gekies wat aan die o.16 rugbyweek van 28 Junie tot 2 Julie in Vereeniging sal deelneem.
Thabo Mosai is ingesluit in die Valke o.16 Grand Kghomo span wat van 3 tot 9 Julie aan die Grand Khomo week in die Paarl sal deelneem.
Markus Nyirenda het die Valke Craven week span gehaal en gaan van 10 tot 16 Julie in KwaZulu Natal aan die Cravenweek deelneem.
Die seuns se voorbereidings wedstryde is as volg:
24 Mei – Valke vs Limpopo Bloubulle te Hans Moore (Benoni).
31 Mei – Valke vs Luiperds te Potchefstroom.
07 Junie – Valke vs Griffons te Kroonstad.