NewsNews

Stel jy belang in ʼn internskap in kommunikasie?

Solidariteit Helpende Hand se jaarlikse internskapprogram skop weer af tydens die wintervakansie en behels baie meer as koffie-maak en liasseerwerk. Die internskap is oop vir senior studente wat tans studeer in die kommunikasie-veld en beloof om kandidate goed voor te berei op die werksplek.

Solidariteit Helpende Hand se jaarlikse internskapprogram skop weer af tydens die wintervakansie en behels baie meer as koffie-maak en liasseerwerk. Die internskap is oop vir senior studente wat tans studeer in die kommunikasie-veld en beloof om kandidate goed voor te berei op die werksplek.

 

Die internskap duur vanaf 29 Junie tot 15 Julie by Helpende Hand se hoofkantoor in Centurion en sluit verblyf en etes in, sowel as verskeie besoeke aan besienswaardighede in en om Pretoria.

 

Daar sal ses kandidate wees wat die geleentheid sal kry om in die sosiale sektor opleiding te ontvang en ervaring opdoen. Dit sluit onder andere skakelwerk, projekbestuur en veldtogbeplanning insluit, met die fokus op armoedeverligting, -verbreking en -voorkoming.

 

“Ons wil jong studente die geleentheid gee om te groei,” sê Michellé Burger, projekorganiseerder vir die internskapprogram. “Die studente wat verlede jaar deeluitgemaak het van die projek, wil almal weer aansoek doen, so baie het hulle dit geniet.”

 

Aansoeke is oop vir senior studente in toepaslike studierigtings in hul derde of vierde akademiese studiejaar of soortgelyke vlakke (technikon/kollege). Helpende Hand is spesifiek op soek na studente in een van die bogenoemde studierigtings, maar studente met soortgelyke belangstellings of vaardighede kan ook aansoek doen. Belangstelling en ervaring in die sosiale sektor of met liefdadigheidsprojekte sal in jou guns stel.

 

Studente wat belangstel kan hulle CV’s voor of op 31 Mei 2016 per e-pos stuur aan Michellé Burger by michelleb@helpendehand.co.za.

 

Related Articles

Back to top button