Feathers kyk na die voëlskat van die Kopjeskraal Country Lodge
Raak deel van dié voëlklub en sy aktiwiteite

Al Parys se voëlkykers word ‘n mooi 2023 toegewens en verwelkom die klub graag belangstellendes wat meer wil weet van ons geveerde vriende en hul interessante gewoontes en habitatte.
Feathers se eerste byeenkoms vir die jaar word gehou op Donderdagaand, 26 Januarie om 18:30 by die Sally Martin Park saal. By die geleentheid sal Peter en Poppie Killian hul foto’s kom deel en bietjie daaroor gesels. Op 23 Februarie besoek Stephan Heydenreich van Potchefstroom die klub en sal hy gesels oor sy besoeke aan Brandvlei en Kammieskroon, en ook die identifikasie van ons lewerikke.
Almal is welkom om op Saterdag, 28 Januarie saam te gaan na Kopjeskraal Country Lodge vir die eerste uitstappie vir 2023. Belangstellendes vertrek om 06:00 vanaf die Pick ‘n Pay-parkeerterrein. Bring net jou piekniekmandjie, verkyker en ‘n stoel saam.
As jy meer wil weet van die Feathers-klub, skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306) of Peter Killian by (083 625 8100.




