News

Groot planne by die ERT

Die Etienne Rousseau Teater gaan weer hope vermaak die jaar verskaf, maar nou is dit eers tyd vir instandhoudingswerk.

SASOLBURG. – Na ‘n besige en suksesvolle 2022 is die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg besig om vere reg te skud vir 2023.

Soos enige ander gebou, moet die teater ook in stand gehou word. Die span het reeds begin om die teater van ‘n kant af deur te werk om seker te maak alles van die verhoog tot by die beligting en klank is in tip top kondisie vir die jaar.

Volgens Herman van Niekerk sal die projek tot in Februarie duur. Die eerste vertoning vir die jaar word beplan vir 4 Februarie, wanneer die komediant, Skumba Hlope daar sal optree.

Terwyl die meeste kunstenaars dan nog ‘n blaaskans vat, gaan daar weer flieks by die teater gewys word. Meer inligting volg binnekort.

“Ons groot projek vir die eerste kwartaal is egter oor die Pase waar ons ‘n uitvoering bied van Puccini se Messa de Gloria vir koor, orkes en 2 soliste (mans), Beethoven se Koraalfantasie vir klavier, orkes en koor en twee Paaswerke van Karl Jenkins.

“Die uitvoering word herhaal in die Linder-Ouditorium in Johannesburg, asook in Pretoria saam met Aardklop se Aubadé by die Afrikaanse Hoër Seunskool asook in Benoni.

“Die produksie word deur die ERT aangebied met steun van die Rupert Musiekstigting. Die dirigente is Daniel Keet en Gideon Els, en die pianis vir die Koraalfantasie is die jong pianis van Pretoria, Louis Nel.

“Daar is ook ‘posisies’ vir ervare koorsangers. Meer inligting oor die oudisies sal eersdaags beskikbaar wees,” het Herman laat weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button