Local news

Drie weer Vrydag in die hof vir meisie (15) se ontvoering

Blitsigte optrede van polisie help om tiener weer met haar ma te herenig

Twee mans en ‘n vrou is enkele ure nadat ‘n 15-jarige meisie op 28 Desember in Hennenman as vermis aangegee is, buite Vredefort in hegtenis geneem nadat die polisie in Hennenman blitsig inligting oor die voertuig wat die meisie opgelaai het, gesirkuleer het.

Die meisie is dieselfde dag nog met haar ma herenig.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê die meisie se selfoon was toe reeds verkoop aan ‘n pandjieswinkel in Vredefort, en het die polisie se ondersoekspan op die selfoon beslag gelê.

Die verdagtes, Ernest Taylor (50), Chantell Cronje (40) en Rudy Cronje (22) het reeds op 30 Desember voor die landdroshof in Hennenman verskyn in verband met ontvoering, statutêre verkragting en kinderpornografie. Nie al drie staan te reg op al die klagte nie.

Die saak is uitgestel tot 6 Januarie.

Die meisie het die dag van haar verdwyning vir haar ma gesê dat sy buite gaan speel, en het haar ma sowat ‘n halfuur later agtergekom dat sy weg is. Sy het  dadelik hulp op WhatsApp-groepe gevra om te help om haar dogter op te spoor. Danksy iemand wat gesien het hoe die kind in ‘n voertuig klim en inligting oor die voertuig kon gee, is die inligting blitsig opgevolg en na ander polisiestasies deurgegee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button