Local news

Masels: Maak seker jou kinders se inentings is op datum

Inenting bly die beste manier om die siekte te bekamp

Met die skooljaar wat een van die dae weer begin, is ouers opnuut gevra om seker te maak hul kinders se inentings is op datum.

Gevalle van masels is in Desember ook in die Oos-Vrystaat aangemeld, nadat daar reeds vroeër verlede jaar ook in vier ander provinsies gevalle gerapporteer is. Tussen 11 Oktober en 7 Desember was daar alreeds 169 gevalle van masels  in Noordwes, Mpumalanga en Gauteng.

Onthou dat masels hoogs aansteeklik is en simptome tussen 10 en 14 dae voorkom nadat die pasiënt aan die virus blootgestel is.

Simptome van die respiratoriese siekte sluit in ‘n droë hoes, ontsteking in die neus, seer keel, hoë koors , inflammasie van die oë, moegheid, diarree, naarheid, ‘n swak eetlus en rooi veluitslag wat gewoonlik by die ore begin en dan versprei na die bors, maag, rug, arms en bene.

Die virus kan baie vinnig versprei.

Inenting bly die mees effektiewe manier om die siekte te bekamp.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button