Dis finaal: Hof sê nee vir Eskom in kragstryd

Verbruikers kan nie so gestraf word nie




 


Die konstitusionele hof het vandag, Vrydag 23 Desember by wyse van n meerderheidsuitspraak  Eskom se appel van die hand gewys  teen n vroeëre hof interdik wat die kragreus verbied het om kragvoorsiening na die Ngwathe en Lekwa munisipaliteite te verminder met gedwonge rotasie beurtkrag waardeur die betalende verbruiker in wanbetalende munisipaliteite aan die kortste end moes trek.

Eskom se appél is met koste, en die koste van twee advokate van die hand gewys.

Daar is sedert Mei vanjaar  gewag op die uitspraak van die konstitusionele hof na n lang hofstryd.

Eskom is met die aanvanklike hooggeregshof uitspraak in 2020 al deur waarnemende regter Anthony Millar met ’n interim hofbevel verbied om verdere kragvermindering in Parys en Vredefort toe te pas, en gesê om sy transformator te herstel. Daarna het Eskom aansoek om verlof tot appél teen die hofbevel ingedien, waarna die saak later ook in die Hoogste Hof van Appél gedraai het.
Maar die stryd was ten spyte van die Hoogste Hof van Appél se uitspraak ten gunste van verbruikers, steeds nie verby nie, en het Eskom toe aansoek om verlof tot appél na die Konstitusionele hof gedoen.
Die Konstitusionele hof het in Mei met sy sitting oor gedwonge munisipale beurtkrag uitspraak voorbehou.
Wat wel uit vrae en argumente met die Konsitusionele sitting  al duidelik was, was dat die onus op staatsdepartemente rus om hul geskille onderling te besleg, en die prima faci reg van verbruikers ten opsigte van basiese dienslewering wat elektrisiteitsvoorsiening insluit.
Dit beteken dat die verbruiker nie gestraf kan word vir munisipaliteite se onvermoë nie.

Ngwathe se enorme skuld aan Eskom was juis die rede waarom Eskom vroeër geweier het om die tweede transformator te herstel deur toe sy enkele “werkende” transformator teen oorlading te beskerm deur eenvoudig die kragtoevoer te sny sou Ngwathe die 20mVA, wat die werkende transformator voorsien het, oorskry.

Wat egter ook baie duidelik is uit hierdie krisis, is dat Ngwathe maande ná die eerste uitspraak van die Hooggeregshof ook steeds nie sy huis in orde het nie, die kragnetwerk uiters broos is weens diefstal, swak instandhouding en sabotasie, die groot aantal onwettige koppelings, en die munisipaliteit se onvermoë om die kragreus te kan betaal.

Eskom het Donderdag skiellik en ook buite beurtkragtye kragvoorsiening in die Ngwathe munisipaliteit en ook ander munisipaliteite onderbreek. Van die beloofde nasionale verklaring van Eskom oor die rede daarvoor, het niks gekom nie, en is verbruikers weer eens in die donker gelos

* Die Vaal River Developement Association (VRDA) het hom in Augustus 2020 namens die Parys Besigheids- en Ontwikkelingsforum en Parys Gemeenskaps Aksie, en die Lekwa Belastingbetalersvereniging, tot die hooggeregshof gewend met die dringende aansoek om ’n stokkie te steek voor Eskom se eensydige afdwinging van munisipale beurtkrag.

.
* Advokate Herman van Eeden (SC) en Danie Wijnbeek het die Lekwa Belastingbetalersvereniging en die Vaal River Development Association (VRDA) onderskeidelik verteenwoordig, met as opdraggewende prokureurs, Lou van Wyk namens die VRDA en Andreas Peens namens die Lekwa Belastingbetalersvereniging.

Related Articles

Back to top button