Local news

Gemeenskap en buurtwag help om motoriste te waarsku

Wees asseblief versigtig hier

Dankie aan die Viljoenskroon buurtwag en lede van die gemeenskap wat gehelp het om seker te maak dat padtekens duideliker is om motoriste te waarsku dat die R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon gesluit is.

Daar is nou borde en dromme wat duidelik aandui dat die pad gesluit is nadat vroeƫre padtekens wat motoriste gemaan het om stadiger hier te ry groot verwarring veroorsaak het en mense nie geweet het dat die gedeelte van die R59 tydelik gesluit is weens die baie water oor die pad.

Twee vragmotors het kort na die sluiting van die pad Woensdagaand in die water beland, maar kon die vragmotorbestuurders deur nooddienswerkers na veiligheid gehelp word.

Die foto’s is geneem toe die vragmotors Donderdag 22 Desember uit die water gehaal moes word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button