Local news

Twee vragmotors in die water: Asseblief gehoorsaam die padtekens – dié pad is onder water

Wees gewaarsku - dié pad is gesluit vir verkeer

Motoriste is weer ernstige gewaarsku dat die R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon tans gesluit is vir verkeer met water wat oor die pad stroom.

Let asseblief daarop dat die R76 as alternatiewe roete gebruik moet word. 

Daar is pas  twee vragmotors in die water in. Nooddienste is op die toneel om hulp te verleen.

Die pad is vanmiddag (Woensdag 21 Desember) reeds gesluit en is daar  waarskuwingsborde aangebring om motoriste te waarsku teen die vloedgevaar en dat die pad gesluit is.

Dié foto’s is vroeër vandag op die R59 tussen Bothaville en VIljoenskroon geneem.

Hier is baie water!

Asseblief slaan ag op die waarskuwingsborde wat  aangebring is. DIe R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville is tans gesluit vir verkeer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button