Twee sterf en een ernstig beseer in N14 ongeluk

Die ongeluk het omstreeks 12:00 op die N14 tussen Carletonville en Klerkskraal plaasgevind.

‘n Man en ‘n dogtertjie is vanmiddag dood toe die motor waarin hulle gery het op die N14 tussen Carletonville en Klerkskraal met ‘n vragmotor gebots het. Nog ‘n vrou (24) wat saam met hulle in die motor was, is ook ernstig beseer. Die vrou het langs die motor gelê toe nooddienste van Noordwes Provinsie op die toneel aankom.

Sy is na Carletonville Hospitaal vir behandeling geneem.

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

Die polisie op Klerkskraal ondersoek die voorval.

Die toneel van die ongeluk. Foto: ER24
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button