Local news

Om dié sentrum te help is sy passie

"Party dae kry ek snaakse mense, maar die meeste is goeie mense wat oor my pad kom, sê John.

Vir die 55-jarige John Simpson gee niks hom meer vreugde as om sy deel te doen vir Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum. Jaar na jaar loop hy die strate plat om sy deel te doen om fondse vir die sentrum in te samel, want dié sentrum en sy mense is huis vir hom – al van 1987 af.Elke jaar stel hy vir homself ‘n doelwit en wanneer personeel ‘n idee het vir ‘n fondsinsameling, is John vuur en vlam en die een wat daad by die woord voeg. Sy geesdrif is aansteeklik. Hy hou boek van elke sent wat hy insamel en kan volledig verslag doen oor elke jaar se fondsinsamelings waarmee hy gehelp het.
Met die onlangse koeklootjie verkope vir die sentrum het John ‘n hele R8 144 op sy eie ingesamel. Vroeër vanjaar het hy ook help verkoop aan die biltong geskenkpak lootjiekaartjies. So het hy weer gehelp om in totaal by die R13 000 met die projekte te kon inbring. Vir Parysenaars is John geen onbekende nie. Toe die sentrum vroeër jare fondse ingesamel het met hul koekie-projek, het Parysenaars hom week na week van besigheid tot besigheid sien loop – besig om koekies te verkoop. Toe die koekie-projek nie meer winsgewend was nie, het hy gesorg dat hy steeds daar is om te help waar hy nodig was.
Gedurende die Covid-grendelmaande is die sentrum finansieël baie swaar getref met fondsinsamelings wat toe nie gedoen kon word nie, en staatsubsidie wat eenvoudig net nie byhou by stygende kostes vir die bedryf van hierdie sentrum nie. Toe die grendelgrense uiteindelik gelig word, was John weer gereed om die strate plat te loop, want ten spyte van sy eie gesondheidsuitda- gings, glo hy dat hy ‘n verskil kan maak.

“Party dae kry ek snaakse mense, maar die meeste is goeie mense wat oor my pad kom, sê John.
“Dit wat ek doen, maak my gelukkig,” sê hy dan met groot erns, en stap regop trots na die bankie waar hy sy sit kry in die mooi versorgde sentrum-tuin. Sy plekkie.
Dankie aan elkeen wat getrou die afgelope jaar die Epilepsie-sentrum ondersteun het, maar spesiaal dankie vir elkeen wat tyd met die sentrum se inwoners spandeer het, en vir hulle ‘n gemeenskap se omgee gewys het.
Onthou dat wanneer daar lootjies vir die Epilepsie Sentrum verkoop word, jy die amptelike stempel van Epilepsie op die lootjievorms sal sien. Jy is ook welkom om sou jy enige vrae het, die sentrum by (056) 81 5959 te skakel.
* Die wenner van die koeklootjieprojek was G. MacDonald wat die Kersvrugtekoek ontvang het. Die tweede prys is gewen deur Lientjie Schwim. Al die fondse wat met dié projek ingesamel is, gaan vir die Kers- en Nuwejaarsete vir die sentrum se inwoners wat oor die Feestyd by die sentrum is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button