Sport

Rolbal Besigheidsliga nou afgesluit

Die 2022 Rolbal Besigheidsliga het op 'n hoë noot afgesluit met 'n rekord van 16 spanne - die meeste ooit in die liga.

Oor die afgelope jare is gesien hoe die Besigheidsliga al meer gewild raak, en mededinging strawwer.
Goeie spel word ook deurgaans met die liga op die rolbalbaan gesien.
Deelnemers geniet die gesonde mededinging, en almal sien uit na Woensdagaande se braai na die spel.
Deelnemers bestaan uit ouer en jonger spelers, mans sowel as dames.
Besighede wat belangstel om in te skryf vir die volgende liga (Januarie 2023) of wat meer inligting oor die Besigheidsliga wil hê, kan Raymond Loubser by 083 300 4696 skakel.
Die wenners van vanjaar se Besigheidsliga was Die Probeerders, met Vaal de Grace in die tweede plek en die Rolling Stones derde.

Die Probeerders was die wenspan.

Die Vaal de Grace-span was tweede

Die Rolling Stones was derde.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button