Local news
Weermag moet nou help om kragstasies veilig te hou
Suid-Arikaners al 145 dae sonder krag dié jaar

Die weermag gaan nou moet help om kragstasies te beskerm teen diefstal en sabotasie.
Van die kragstasies waar die weermag volgens eNCA in opdrag van president Cyril Ramaphosa, reeds ontplooi is, sluit in Majuba, Camden, Tutuka en Grootvlei.
Suid-Afrika het tot sover vanjaar reeds 3 472 ure se beurtkrag gehad wat gelykstaande is aan 145 dae sonder krag.
Fase 6 beurtkrag is Vrydag ingestel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



