Local news

Piet-my-vrou

Geniet die roep van die Piet-my-vrou en die ander voëls in ons omgewing, of daar waar julle gaan vakansie hou.

Die Piet-my-vrou is een van die vyftien koekoeke wat in Suid Afrika voorkom.
Die voëls wissel in grootte van bietjie groter as ‘n mossie, tot omtrent die grootte van ‘n tortelduif.
Die meeste van die spesies is somer-standvoëls, met ander woorde hulle is gedurende die somer hier, maar in die winter trek hul na ‘n warmer omgewing.
Hier aan die begin van die somer is dit ook broeityd, en ons hoor gedurig die roep van die Piet-my-vrou, maar ons sien hom nie.
Die Piet-my-vrou is ‘n sku-voël en hoewel hy dikwels gehoor word, is dit moeilik om hom te sien, want hulle ver-kies beboste habitatte, en hy hou daarvan om hoog in bome te sit.
Dit is ook moontlik om hom met ‘n tortelduif te verwar as hy daar hoog sit.
Die Piet-my-vrou is, soos die ander koekoeke, ‘n broeiparasiet.
Dit beteken hulle bou nie hul eie neste nie, maar glip in ander voëls se neste in waar hul binne enkele sekondes ‘n eier lê.
Die eier word dan deur die gasheer uitgebroei, en dit is baie vreemd om te sien hoe spook die gashere om hierdie groot baba te voer.
Die vernaamste broeigasheer vir die Piet-my-vrou is die Gewone Janfrederik maar hy parasiteer ook ander Jan Frederikke, Lysters en ander spesies.
Die arme gasheer wat dalk ‘n saadvreter is, kom dan ook gou agter dat sy kind eintlik vleis wil hê.
Op die meegaande foto bied die Geelbeklyster sy kind ‘n Olienhoutsaad aan maar dié is gou uitge- spoeg.
Geniet die roep van die Piet-my-vrou en die ander voëls in ons omgewing, of daar waar julle gaan vakansie hou. Soos orals, het die aktiwiteite van Feathers Voëlklub vir die jaar gestop, en hul volgende byeenkoms is op Donderdag, 26 Januarie 2023 om 18:30 by die Sally Martin Park saal. Almal welkom om die byeenkoms by te woon.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button