Local news

Toename in porno-blootstelling wek kommer

Met die skoolvakansie op hande doen Solidariteit Helpende Hand ʼn beroep op ouers om seker te maak dat kinders nie deur hul selfone toegang tot pornografie kry nie.

 

Die Ons Sentrum in Pretoria-Noord is Helpende Hand se heel eerste Ons Sentrum en het hul deure
amptelik in Januarie 2019 oopgemaak om terapeutiese dienste aan kinders tussen 2 en 17 te bied,” sê Yolandi Singleton, Helpende Hand se hoof van die Ons Sentrum.
“Alhoewel die Ons Sentrum in Pretoria-Noord gebaseer is, kom ons kliënte van reg oor Pretoria. Gedurende September het ek opgemerk dat ons sedert Junie vanjaar omtrent net met seksuele misbruik te doen kry.”
Volgens Singleton het hulle ook opgemerk dat daar ʼn reuse toename in blootstelling aan pornografie is.
“Pornografie was nog altyd ʼn probleem, maar dit wil voorkom asof kinders op ʼn al jonger ouderdom toegang verkry tot pornografie op die internet omdat daar nie altyd voldoende toesig is nie.

Singleton verduidelik pornografie het ʼn negatiewe uitwerking op kinders aangesien hulle nie die intellektuele vermoë het om daarvan sin te maak nie.
“Kinders ontwikkel dan verwronge idees oor seksuele aksies wat hulle ongelukkig leer dat daar nie meer grense rondom hulle liggame hoef te wees nie.

Hoekom is dit ʼn probleem? Dit het ʼn impak op hoe kinders romantiese verhoudings beskou aangesien pornografie die idee skep dat twee mense
net met hulle liggame ʼn verhouding kan hê. Dit gee ook vir hulle die idee dat enigiets rondom hulle liggame aanvaarbaar is.

Hulle toets dan ook hierdie inhoud wat hulle gesien het op ander kinders om sin te maak van wat hulle gesien het. Dit is ongelukkig so dat ʼn kind wat deur ʼn ander geteiken is,
dikwels dieselfde aksies weer met nog ʼn kind herhaal, en so versprei dit al verder.”
Singleton sê voorts pornografie kan met seksuele misbruik gepaardgaan. Blootstelling aan pornografie is dikwels ʼn seksuele oortreder se poging om ʼn kind te begin desensitiseer teen die misbruik wat daarna volg.

Die oortreder gebruik die pornografie as ʼn opleidingsmetode om vir die kind te wys presies wat van hom verwag gaan word tydens seksuele dade.
“Ons moet meer as in die verlede ernstig met ouers praat oor kinders se onbeperkte toegang tot sosiale media. Kinders word groot met tegnologie en weet hoe om toegang tot pornografie te kry.
Hulle kyk dikwels onskuldig na kindervriendelike stories waarna daar ‘pop-ups’ verskyn wat seksuele inhoud bevat,” sê sy.
Volgens Singleton benodig kinders deesdae baie sterker rolmodelle om hierdie belangrike gesprekke met hulle te fasiliteer. Alhoewel kinders grootword met tegnologie en sosiale media en hulle baie
meer daarvan weet as grootmense, is dit belangrik dat grootmense hulself vergewis van dit waaraan kinders op ʼn daaglikse basis blootgestel word.
“Ons moet die moeite doen om hulle een stappie voor te wees sodat hulle van die begin af leer hoe om sosiale media op ʼn verantwoordelike wyse te gebruik. Die beste tyd om ʼn probleem te probeer aanspreek, is nog voor die probleem begin het.”
Sy sê seksuele misbruik lei tot gebroke individue, gebroke gesinne en gebroke gemeenskappe.
Ondersteun Ons Sentrum en die werk wat hulle doen om kinders met trauma in terapie te help.
Besoek www.ondersteunons.co.za om ‘n bydrae te maak. Vir meer

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button