Local news

Jy kry nog ‘n vakansiedag

Kersfees op 'n Sondag die rede

Dinsdag 27 Desember sal ook vanjaar ‘n openbare vakansiedag wees. Die aankondiging is vandag gemaak. Die rede hiervoor is omdat Kersfees vanjaar op ‘n Sondag val, en die aankondiging genoodsaak het om in lyn met die beginsels en praktyke van die arbeidswet te wees. Die wet bepaal dat wanneer ‘n openbare vakansiedag op ‘n Sondag val, die Maandag dan ‘n vakansiedag sal wees.

Met Kersfees wat vanjaar op ‘n Sondag is en Welwillendheidsdag 26 Desember wat dan op ‘n Maandag val, beteken dit dat werkers nie 12 betaalde vakansiedae sou hê vanjaar nie. Gevolglik is die besluit geneem om  Dinsdag 27 Desember ‘n openbare vakansiedag vir 2022 te verklaar.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button