Local news

Groot skade na beurtkrag

Groot skade na beurtkrag

‘n Brand in ‘n huis in ‘n meenthuiskompleks het Vrydagmiddag kort na beurtkrag, groot skade aangerig.
Die brand het vermoedelik by ‘n elektriese stoof ontstaan. Wees baie versigtig veral wanneer beurtkrag toegepas word dat alle elektriese toestelle wat aangeskakel was, veral toestelle met hitte elemente, afgeskakel is wanneer kragtoevoer onderbreek word.
Dieselfde geld vir krane wat oopgedraai word en dan oopgelos word wanneer daar nie water in die krane sou wees nie.
In beide gevalle kan dit groot skade veroorsaak wanneer die elektriese- of watertoevoer later herstel word.
Maak ook baie seker dat jy ‘n brandblusser in jou huis het, en verkieslik meer as een op verskillende punte in jou huis, sodat sou dit gebeur dat jy nie toegang het tot een brandblusser nie weens ‘n brand, daar ‘n tweede elders in jou huis is.
Dankie aan die Ngwathe Brandweer, Nel’s Security Solutions, WeCare, Parys Medix en Prinsloo Recovery wat op die toneel hulp verleen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button