NewsNews

Kom geniet Lanquedoc se voëlprag

Feathers Voëlklub se volgende vergadering word op Donderdag 26 Mei by die Sally Martin Park saal in Parys gehou. Die vergadering begin om 18:30 wanneer Duppie en Ina du Plessis aan die woord is. Na afloop van hul praatjie, sal Jan Fourie weer van die klublede se voëlkyk foto’s wys.

Feathers Voëlklub se volgende vergadering word op Donderdag 26 Mei by die Sally Martin Park saal in Parys gehou. Die vergadering begin om 18:30 wanneer Duppie en Ina du Plessis aan die woord is. Na afloop van hul praatjie, sal Jan Fourie weer van die klublede se voëlkyk foto’s wys.
Hoewel Feathers nie ’n  fotografie-klub is nie, is heelparty lede gedurig besig om foto’s van voëls te neem en dié foto’s word vier keer per jaar met lede gedeel. Dit is veral interresant om te hoor waar die foto’s geneem is en om te sien wat afgeneem is.
Die klub se maandelikse uitstappie is Saterdag, 28 Mei na Lanquedoc op die Kopjeskraalpad langs die Vaalrivier. Daar sal om 07:00 vertrek word vanaf die Pick & Pay parkeerterrein. Bring jou verkyker, piekniekmandjie en ‘n stoel saam. ’n  Warm baadjie is ook ’n  moet aangesien dit baie koud is langs die rivier.
Persone wat belangstel in ons voëlerfenis, die natuur en om moontlike lid van die klub te word, is welkom om hierdie geleenthede by te woon.
Vir inligting oor die uitstappie of die klub, skakel Sanita Kemp by 072 421 8799.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button